Ons versamel handtekeninge vir ʼn internasionale petisie aan die Internasionale Komitee van die Rooikruis, Amnestie Internasionaal, en die Verenigde Nasies, met die doel om hulle in te lig dat ons nié van Stafsersant Gilad Shalit vergeet het nie. Hy word die afgelope vier jaar reeds as gevangene aangehou in Gaza deur Hamas.
ONS DRING AAN OP SY ONMIDDELLIKE VRYLATING! VIER JAAR IS HEELTEMAL TE LANK!
Ons versoek die volgende basiese en eenvoudige dinge, tot en met sy vrylating:
DAT HAMAS VOLGENS DIE GENEEFSE KONVENSIE SE BEPALINGE MOET HOU.
ONS VERSOEK:
Een gesprek.
Een dokter.
Een besoek deur die Internasionale Komitee van die Rooikruis.
En, indien moontlik, een drukkie, namens al sy broeders en susters orals ter wêreld, wat hom wil herinner dat ons nie sy benarde posisie vergeet het nie en dat ons by hom staan.
Lees asb. die onderstande brief en teken dan ons petisie daarna. Jy kan die petisie ook aanstuur na jou vriende toe deur op die “DEEL” knoppie te klik. Jou handtekening sal dan gevoeg word by die duisende wat reeds bymekaargemaak is rondom die wêreld. Neem asb. kennis dat jou naam vertoon sal word na die indiening van jou handtekening, behalwe indien jy die merk in die “Ja, vertoon gerus my naam” blokkie verwyder.

Geagte Meneer of Mevrou,
Vier jaar gelede, op 25 Junie 2006, was stafsersant Gilad Shalit van die Israelse weermag deur Hamas terroriste gevangene geneem en na Gaza geneem, waar hy van daardie dag af in wreedaardige gevangenisskap aangehou word. Met Iran se ondersteuning, het Hamas Gilad die afgelope vier jaar in totale isolasie aangehou, en hom feitlik alle kommunikasie met die buitewêreld verbied. Hamas het Gilad herhaaldelik verhoed om selfs een besoek van ʼn humanitêre groep te ontvang, insluitende een van die Internasionale Komitee van die Rooikruis, wie hom van behoorlike mediese hulp sou kan voorsien. Dit is teenstrydig met die Derde Geneefse Konvensie.
Ek versoek dat u aandring dat Hamas hom bepaal by internasionale humanitêre wetgewing en sodoende Gilad Shalit toelaat behoorlike mediese sorg en gereelde besoeke deur ʼn neutrale party te ontvang wat sy welstand kan verseker. Daarnaas, versoek ek dat Gilad die reg tot kommunikasie met sy familie en die buitewêreld gegun word, en ek vra vir die onmiddellike beëindiging van sy onmenslike behandeling.
Ek versoek ook dat Gilad so gou as moontlik veilig en in goeie gesondheid oorgehandig word aan sy familie in Israel.
Dankie vir u onmiddellike aandag aan die kritieke saak,
Die uwe,
|